Dinsdag 06 Desember 2016

Oktober 18 tot 312016 het ons afgesit na Ponta Malongane te Mosambiek.
Ons het 'n heerlike tyd gehad en heelwat crabcakes en R&R's (Rum en Rasberry) geniet. Die oord was lekker stil en ons het meestal die kilometers lange strande vir onsself gehad.

Ek het 'n paar duike gedoen en dit was uitstekend. Ek het o.a, 'n Hamerkop haai gesien en heelwat Zambezi (Bullnose) haaie. Ons was ook weer bevoorreg om ou Nuisance (Patoto Bass) op een duik te kry waar ons sy rug bietjie kon vryf en sy aandag geniet.

By 'n "Cleaning Station" op die rif het ek my hand uitgehou waar die cleaner shrimp onmiddelik aan my vel begin pluk het met hul geniepsige knypertjies. Verder het ons ook dolfyne en Mantas gesien.

Hier is so paar fotos:




















September 27 tot 30 2016 het ons my ouers vir die paar dae na Kruger Wildtuin geneem. Ons het die paar dae in 'n charlet te Berg en Dal gebly.

Hier is so 'n paar van ons fotos geneem gedurende die kuier.





Wel jammer vir die lang vertraging, soos met almal gebeur in die lewe is daar familie tragedies.
Anita se ma se gesondheid het vinnig agteruit gegaan en sy is toe aan die einde van Augustus 2016 oorlede, Ons glo dat sy haar plek van vrede gevind het. Nes ons was sy ook baie lief vir die natuur.

Sondag 26 Junie 2016

Golden Gate 3 tot 9 Junie 2016


 Ons moes so paar Craft biere gaan drink by die brouery.
 Ek het so 'n paar van die staptoees aangevat, dis baie mooi en vreedsaam daar. Ek was meestal stoksiel alleen in die berge.

 Die vliegtuig het darem die berg gemis.
 Rustiger kan jy nie kry as in die kampeer terrein nie, dis net vrek koud saans.

Saterdag 04 Junie 2016

Natalia - Illovo Beach 20 Mei tot 3 Junie

Lekker warm weer by die suidkus, effe koel saans. Besoek strande by  Warner Beach, Scottburgh en Doonside ens. Eet bunnychow op die strand en wees net rustig.








Woensdag 18 Mei 2016

Maandag 18 April 2016

April 2016 - Marakele en Dube

Nouja ons was weer so twee weke met "vakansie", 'n week by Marakele Nasionale Park naby Thabazimbi en 'n week by Dube Private Game Reserve naby Brits.
Ongelukkig het die renosters nie kom wei in die kampplek soos wat ons gewoonlik gekry het nie. Ek vermoed dit het te doen daarmee dat daar min gras in die kampplek is en net 'n plaat van knie hoogte onkruid bossies sover jy kan sien. Dit is dalk 'n resultaat van die lang droogte en toe skiedelike baie reen.

Hoe dit ookal sy dit was weereens 'n lekker rustige kuier nat na die skoolvakansies, ons het net gewag dat julle almal weer moet begin werk en skool toe gaan dat ons kan rus en vrede kry.
 Wel hier is weer so paar van ons fotos, meeste geneem met die P900, die makro foto's van die wurm en skoenlapper is geneem met my D90.