Sondag 21 Februarie 2016

Tydelike Vertraging

Nouja planne werk mos dikwels nie heeltemal soos beplan nie. My pa het erenstig siek geraak na 'n rug operasie en na drie maande in die hospitaal is hy uiteindelik ontslaan 'n week gelede.
Tans bly my ouers by ons in die huis om aan te sterk en dit gaan al beter. Moontlik sal hy oor nog 'n week sterk genoeg en gestabiliseer wees dat hulle kan terrug trek na hulle woonstel by my broer.
Indien dit so realiseer kan ons erenstig begin werk aan ons planne om die motorhome te pak en te begin reis.

Intussen het ons onsself besig gehou met bier brou en verlede naweek het ons, Piet en Willie bymekaargekom vir 'n geselligheid waan ons mekaar se brousels gedink het en gedagtes en menings uitgeruil het. Tussen ons was daar ten minste ses of meer verskeie biere en ciders om te proe en geniet.
Ek moet sĂȘ dat van almal is die Munich Lager vir my nog een van die lekkerste biere wat ons nog gebrou het.

Nou ja hopelik sal ek binnekort 'n paar reis foto's kan oplaai om te wys hoe lyk 'n pensionaris se tipiese dag op "kantoor".

Groee
Van