Nouja ons was weer so twee weke met "vakansie", 'n week by Marakele Nasionale Park naby Thabazimbi en 'n week by Dube Private Game Reserve naby Brits.
Ongelukkig het die renosters nie kom wei in die kampplek soos wat ons gewoonlik gekry het nie. Ek vermoed dit het te doen daarmee dat daar min gras in die kampplek is en net 'n plaat van knie hoogte onkruid bossies sover jy kan sien. Dit is dalk 'n resultaat van die lang droogte en toe skiedelike baie reen.
Hoe dit ookal sy dit was weereens 'n lekker rustige kuier nat na die skoolvakansies, ons het net gewag dat julle almal weer moet begin werk en skool toe gaan dat ons kan rus en vrede kry.
Wel hier is weer so paar van ons fotos, meeste geneem met die P900, die makro foto's van die wurm en skoenlapper is geneem met my D90.