Dinsdag 06 Desember 2016

Oktober 18 tot 312016 het ons afgesit na Ponta Malongane te Mosambiek.
Ons het 'n heerlike tyd gehad en heelwat crabcakes en R&R's (Rum en Rasberry) geniet. Die oord was lekker stil en ons het meestal die kilometers lange strande vir onsself gehad.

Ek het 'n paar duike gedoen en dit was uitstekend. Ek het o.a, 'n Hamerkop haai gesien en heelwat Zambezi (Bullnose) haaie. Ons was ook weer bevoorreg om ou Nuisance (Patoto Bass) op een duik te kry waar ons sy rug bietjie kon vryf en sy aandag geniet.

By 'n "Cleaning Station" op die rif het ek my hand uitgehou waar die cleaner shrimp onmiddelik aan my vel begin pluk het met hul geniepsige knypertjies. Verder het ons ook dolfyne en Mantas gesien.

Hier is so paar fotos:




















September 27 tot 30 2016 het ons my ouers vir die paar dae na Kruger Wildtuin geneem. Ons het die paar dae in 'n charlet te Berg en Dal gebly.

Hier is so 'n paar van ons fotos geneem gedurende die kuier.





Wel jammer vir die lang vertraging, soos met almal gebeur in die lewe is daar familie tragedies.
Anita se ma se gesondheid het vinnig agteruit gegaan en sy is toe aan die einde van Augustus 2016 oorlede, Ons glo dat sy haar plek van vrede gevind het. Nes ons was sy ook baie lief vir die natuur.