Sondag 03 Desember 2017

Ponta Malongane November 2017

Hallo weer. Wel ons en die Oosthuisens was toe vir twee weke na Mosambiek te Ponta Malongane vir 'n lekker kuier.
Die weer was meestal baie lekker hoewel ons 'n paar dae reen gekry het.
Ek het ook 'n paar lekker duike gedoen en baie seelewe en koraal gesien.
Ek heg weer so 'n paar fotos aan van die hoogtepunte. Met een van my duike het die geniepsige Twobar Anemoonvissie my aangeval, gelukkig het dit my duikhorlosie se bandjie gebyt en nie my arm nie. Hulle is bekend daarvoor om hul neste tot die dood toe te beskerm. Dis gelukkig darem net so 100 - 120mm groot.