Maandag 25 Maart 2019

Weskaap Februarie 2019

Hallo almal, dit was lanklaas dat ek iets hier opgesit het. Sederdien was ons weer so twee weke na Ponta Malongane in Mosambiek, dit was weer lekker maar ek gaan nie weer fotos daarvan opsit nie.

Toe vertrek ons einde Januarie na die Wes Kaap, eers vir 'n maand gebly by Onrus Rivier by Hermanus. Dit was baie lekker, my broer her ook afgery en vir so paar dae by ons kom bly. Ons het natuurlik die omgewing platgery en verken, uitgeet, bier en wyn geproe en alles wat lekker is.
Ek en my broer was dapper genoeg om te gaan snorkel in die yskoue 14 Grade C water, het darem elk 'n 2mm shortie wetsuit aangehad.

Einde Februarie het aangebreek en die 1ste Maart 2019 is ons voort na Melkbosstrand waar ons vir die maand by Ouskip Karevaanpark gebly het. Weer het my broer vir 'n week by ons aangesluit voordat hy terug is huistoe.
Ons het ook het die wêreld verken. Ons was op met Tafelberg, het die Two Oceans Akwarium besoek asook die V&A Warefront. Baie tyd spandeer op Melkbosstrand en Blouberg Strand.
Ons het oof afgery tot by Kaappunt via die beroemde Chapmains Peak bergpas. Vir 'n lekker lag het ons Pieter Dirk Uys se vertoning " Ouma Ossewania praat vuil in Afrikaans", by Tannie Evita se Perron op Darling gaan kyk. Die vertoning het sy naam tereg gedoen en ons het ons vrek gelag, haar uitlatings sal ek liewer nie hier herhaal nie.
Natuurlik het ons ook by Darling Brouwery aangegaan en lekker ge-eet en bier geproe, asook die bekende Darling Toffie fabriek besoek en toffies geproe en gekoop.
Ook het ons die Patrenoster Hotel gaan besoek en 'n dop daar gedrink.

Wel so staan ons nou weer huis se kant toe en vertrek op 1 April weer terug na Gautengeleng.
Hier is weer so 'n uittreksel van 'n paar fototjies geneem op ons ekskursie, geniet.