Saterdag 05 Maart 2016

Olifants River Lodge

Ons het uiteindelik bietjie wegkomkans gekry vir die week van 29 Februarie tot 4 Maart 2016.

Ons het baie rustigheid gehad by die Olifants River Lodge kampeer terrein. 'n Lieflike plek met baie om te doen as jy wil soos warm en koue swembaddens, perdry, quad motorfietse, 4X4 roete, trap bootjies op die rivier, hengel en vele meer. Of wees net rustig met die pragtige uitsig oor die rivier met 'n self gebroude bier in die hand terwyl jy die visse kan sien swem in die helder water.

Hier is so paar foto's van die oord ter nagedagtenis:

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking