Dinsdag 22 Augustus 2017

Die Eiland (Tzaneen) Augustus 2017

Wel hier rus ons verder vir 'n maand by die ATKV Eiland Spa naby Tzaneen,
Dis meestal lekker warm hier so in die 30's bedags maar in die nag kan dit maar nog lekker koel raak.
Ons gaan Gym soggens so rukkie, sit dan in die sauna en of stoomkamer en hang verder rond in die warmwater swembaddens binne en buite.
Dan natuurlik braai en drink, baie stresvolle lewe die pensioen.

Wel hier is so paar fotos van die oord, ons gaan so teen 10 September voort na die Kruger wildtuin.
Groetnis.









Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking